ToekomsVenster: Waar is jou broer?

broers-sonsondergang-vriende

Foto: Kat Smith/Pexels.com

Toe vra die Here vir Kain: “Waar is jou broer Abel?” en Kain antwoord: “Ek weet nie. Moet ek dan my broer oppas?” – Gen. 4:9

Skaars is Adam en Eva uit die paradys of die eerste moord word gepleeg. Sonde en rebellie sit hul vernietigende werk voort in die lewens van mense, in hierdie geval Kain en Abel. Beide bring offers aan die Here. Verskeie redes word aangevoer waarom God die een offer aanvaar en die ander nie. Die reaksie van Kain verduidelik dat sy hart nie reg was voor God nie. Hy het nie die eer van God in gedagte gehad nie maar wou God se guns wen deur te offer. Abel daarenteen kom dood eerlik na die Here toe, sonder enige bybedoelings. Kain word met onweerstaanbare jaloesie gevul. Hy slaan sy broer dood en probeer dit wegsteek. As God hom vra na sy broer is hy gefrustreerd en arrogant. Is ek my broer se oppasser wil hy van die Almagtige God weet.

Dit is interessant dat God nie vrae vra omdat Hy nie weet nie. Hy vra vrae om mense tot insig te bring. Kain weier egter om eerlik te wees. Die oordeel word oor hom uitgespreek.

Die antwoord op die retoriese vraag is inderdaad, ja. Ons het verantwoordelikheid vir mekaar. Ons kan inderdaad met die vraag waar is jou broer gekonfronteer word.

Het jy iewers die verantwoordelikheid wat jy instinktief aangevoel het verwaarloos en jou broer iewers langs die pad verloor, selfs wreed weggestoot en vervreem?

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Skies ·

Hoekom se Kian so: Is ek my broer se wagter?
Lamentations 2:4  Dalet. Hy het sy boog gespan soos ‘n vyand, Hom opgestel met sy regterhand soos ‘n teëstander en gedood alles wat ‘n lus was vir die oog in die tent van die dogter van Sion…
Wat/wie was begeerlik en n lus vir Eva se oog? Kan mens n fissiese boom begeer, lus kry vir n boom? Nee
Wat se Henog: Henog 69:6 : En die derde is Gadriël(engel) genoem: dit was hy wat die kinders van die Adam al die houe geleer het om ander dood te slaan, en hy het Eva bedrieg…
Die afrikaanse bybel se die mens het sy vrou Eva BEKEN
Al die engelse vertalings se anders, Adam het sy vrou GEKEN soos in observasie met die oog: And the man knew Eve his wife; and she conceived, and bare Cain
Wie se kind was Kian? Gadriël by naam
Kian en Abel se offerhande, dis juis hoekom God Abel verkies het bo Kian

Mat 13:17  Want, voorwaar Ek sê vir julle, baie profete en regverdiges het begeer om te sien wat julle sien, en het dit nie gesien nie, en om te hoor wat julle hoor, en het dit nie gehoor nie. 
Is ek my broer se wagter?Word wakker mense!
God straf vir Kain: Gen 4:12  As jy die grond bewerk, sal dit sy vermoë aan jou nie meer gee nie.
Gaan kyk wie is die wilde diere in die veld, gaan lees self.

Z ·

Jammer dat ek hier vra…
Gister was daar n berig oor uniekheid op jou verjaardag of so iets…
Waar kan ek die skakel kry? Ek het gaan soek by sleutelwoorde, maar kon niks kry nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.