ToekomsVenster: Waar was jy?

pad-woud-sonstrale

Foto: Bertvthul/Pixabay.com

Waar was jy toe Ek die aarde se fondamente gelê het? Praat as jy die antwoord het. – Job 38:4

Ek is nie opgewasse teen U nie. Hoe sou ek U kon antwoord? Ek sal liewer stilbly. – Job 39:36

Die verhaal van Job is bekend. Die duiwel wil God daarvan oortuig dat Job die Here net dien as gevolg van die seën wat hy van die Here ontvang. As God die seën en beskerming van hom weerhou sal hy God vervloek. Die Here gee die duiwel die reg om die lewe vir Job baie onaangenaam te maak maar met die voorbehoud dat Job se lewe self nie aangeraak mag word nie. Die een na die ander tragedie tref vir Job maar hy weier om die Here daarvoor die skuld te gee. Selfs sy vrou probeer Job oortuig dat geloof in God nie betekenisvol is nie en dat Job die Here moet vervloek. Sy vriende probeer hom inpas by ʼn paradigma van oorsaak en gevolg. Dit is sonde in Job se lewe en as hy dit bely sal die sleg oorgaan. Job hou vol dat hy onskuldig is. Ten einde laaste verwens Job die dag van sy geboorte. Hy bejammer homself en wil handdoek ingooi. Dit is hier waar die Here Job tot ʼn tweegesprek uitnooi. Job word uitgedaag om homself teenoor God te handhaaf. In poëtiese taal verwys God na verskeie aspekte van sy wonderbare skepping. Job weet dat hy teen God nie kan standhou nie en besluit om die stryd gewonne te gee.

Ek weet nie wat jou situasie is nie. Die waaroms van die lewe is somtyds net te duister. Die menslike verstand kan nie daar bykom nie. Moenie God verwyt nie. Hy is soewerein en omvangryk in sy genade. Vertrou Hom dat Hy ook te midde van jou seer nie afwesig is nie. Hy het belowe, Ek sal jou nooit begewe en nooit verlaat nie.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.