ToekomsVenster: Waarhede rondom offergawes

bos_blomme_vuurvreters.jpg

Foto: pixabay.com

“Gee en vir julle sal gegee word: ’n goeie maat, ingestamp, geskud en propvol, sal hulle in julle hande gee. Met die maat waarmee julle meet, sal ook vir julle gemeet word.” – Lukas 6:38

Raak prakties

Die gee en die bring van offergawes is ’n lewenstyl. Hierdie lewenstyl is egter nie om myself te verryk nie, maar om God te verheerlik. Dit is dus baie belangrik dat ek oop sal wees vir die stem van die Heilige Gees om te offer en met verantwoordelikheid sal saai.

Iets om oor na te dink

Offergawes moet altyd met die regte motief gegee word. Christus moedig sy dissipels aan om nie hul godsdienstige pligte in die openbaar na te kom om deur ander gesien te word nie. As ’n mens dit sou doen, sal hulle wel deur ander gesien word, maar geen beloning van die Hemelse Vader ontvang nie. Die regte motief agter die gee van offergawes is altyd opregte liefde.

Gebed

Here, baie dankie vir elke geleentheid wat ek het om vir U offergawes te kan bring. Ek bid dat my offergawes op goeie grond sal val en dat U liefde ook so sigbaar sal word aan almal.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eish ·

EN die woord van die Here het tot my gekom en gesê: Mensekind, profeteer teen die herders van Israel; profeteer en sê vir hulle, die herders: So spreek die Here Here : Wee die herders van Israel wat aan hulleself weiding verskaf! Moet die herders nie die skape laat wei nie? Julle eet die vet en beklee julle met die wol; julle slag die vettes, maar die skape laat julle nie wei nie; julle versterk die swakkes nie en maak die siekes nie gesond nie en die wat gewond is, verbind julle nie en wat weggedryf is, bring julle nie terug nie en wat verlore is, soek julle nie; maar met strengheid heers julle oor hulle en met hardheid.
ESÉGIËL 34:1‭-‬4 AFR53
http://bible.com/5/ezk.34.1-4.AFR53

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.