ToekomsVenster: Waarom gee God bevele?


God-antwoord-nog-gebede

Foto: Reint Dykema.

U het u bevele gegee dat dit ten volle uitgevoer moet word. – Psalm 119:4

Ons het nie toestemming om God se bevele so te herinterpreteer dat dit uiteindelik iets heeltemal anders word as wat Hy daarmee bedoel het nie. Ons is gehoorsaamheid verskuldig.

Waarom gee God bevele?

Sou Hy ʼn behae daarin skep om ons pret te bederf, die lewe onhoudbaar te maak, ons moedeloos te maak omdat ons nie daarby kan uitkom nie? Is ons nie juis vrygemaak van die wet sodat ons nou ons eie waarheid kan bepaal en volgens ons eie stelreëls kan begin optree nie? Jesus praat ánders oor die wet.

Hy is nie alleen die vervulling daarvan nie, maar het aan die wet sy volle betekenis kom gee. Die wet is nie God se strafkamp vir mense wat tot ʼn ewige frustrasie gevonnis word nie, maar die riglyn en inleiding tot die volheidslewe wat Hy vir ons in gedagte het.

Kragtens Esegiël 36 is die wet nou op sagte vleesharte geskrywe. Die Gees in ons stel ons in staat om daarvolgens te lewe.

Ek sal julle ʼn nuwe hart en ʼn nuwe gees gee, Ek sal die kliphart uit julle liggaam uithaal en julle ʼn hart van vleis gee. Ek sal my Gees in julle gee en Ek sal maak dat julle volgens my voorskrifte leef en my bepalings gehoorsaam en nakom. – Esegiël 36:26-27

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.