ToekomsVenster: Waarom is jy op jou aangesig?

as-vuur-kampvuur

Foto: StockSnap/Pixabay.com

Toe sê die Here vir Josua: “Staan op. Hoekom lê jy met jou gesig in die grond? – Josua 7:10

Die asemrowende oorwinning en inname van Jericho was vars in die geheue toe Josua se spioene hom verseker dat ʼn relatief klein taakmag Ai, die volgende vesting wat ingeneem moet word, die taak sal kan afhandel. In vergelyking met Jericho was Ai ʼn kleinigheid. n Blote afvaardiging sou die werk kon doen.

Josua het op hierdie stadium nie al die inligting nie. Die verraad wat deur Akan gepleeg is is net aan homself en God bekend. Derhalwe verstaan Josua nie waarom hulle nie alleen die stryd verloor het nie, maar met lewens verlies die hasepad moes kies. Hy is begrypend teleurgestel en platgeslaan. Dié keer maak hy soos die volk by vele geleenthede gemaak het. Hy verwyt God effens. Dit sou baie beter gewees het om aan die anderkant van die Jordaan te gebly het. Josua is in sak en as. Hy skeur sy klere en sy hart is gebreek. God word nie beïndruk met die ritueel nie. Daar is goed wat verkeerd is en dit moet aangespreek word. Die rede vir Israel se nederlaag is nie God se onvermoë of ontrou nie maar die sonde wat gepleeg is. Dis opmerklik dat een man goed begrawe het maar dat die hele Israel ingesluit word by die oordeel. Ons is so geneig om individualisties te leef.

Ons kies hoe ons wil optree en dit het met ander mense niks te doen nie. Wat duidelik is hier is dat die geleefsgemeenskap skade lei wanneer daar onbelyde sonde in die gemeente is. Uiteraard is nie almal in Suid Afrika gelowiges nie. Tog maak die geloofsgemeenskap ʼn beduidende deel van die bevolking uit. Dis onafwendbaar dat volhardende sonde ʼn effek sal hê op die gemeenskap waarvan ons deel is.

Die teks in 2 Kron. 7:13 herinner ons aan ons gemeenskaplike lotsbestemming.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.