ToekomsVenster: Waarvoor is jy bang?

vrees

Foto: Ninocare/Pixabay.com

Die Gees wat God ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing. – 2 Timoteus 1:7

“Allenig moet ek bed toe gaan. Dis donker in die gang.”

Ons ken mos die rympie van kindsdae af, nie waar nie? Ek het dit altyd gevoelvol vir my kinders (en nou my kleinkinders) “opgesê”.

Die rympie bevat ʼn groot waarheid: “Die skelm was my eie jas wat aan die kapstok hang.”

’n Koue pampoen waarvoor ʼn mens nie skrik nie.

Vrees is verlammend en nie van die Here af nie. Vrees kelder geloofsvertroue en maak dat jy nie jou potensiaal bereik nie.

Vrees en bangwees weerhou jou lewe van God se seën.

Die Bybel sê liefde verdryf alle vrees (1 Joh. 4:18).

Ek wonder stellig of daar enige frase in die Bybel is wat meer kere herhaal word as “moenie bang wees nie”. Juis omdat die Here weet dat vrees die duiwel se taktiek is om jou te ontmoedig, jou in ʼn boksie te hou, en jou lewe voorspelbaar en saai te maak, waarsku Hy ons daarteen.

“Wyk Satan,” is ʼn gepaste reaksie op daardie benoude gevoel van vrees.

Hoeveel merkwaardige oomblikke sou ek nie al misgeloop het as ek toegegee het aan vrees nie, en hoeveel betekenisvolle oomblikke het ek nie al misgeloop omdat ek wel toegegee het nie.

Doen en onthou die volgende:

• Daag die vrees uit in Jesus se naam.
• Vrees dra meermale geen gewig nie.
• Dis ʼn leuen en daarmee is die bose meesterlik.

Iemand het een keer gesê: As jy gedreig word dat daar iemand met kwade bedoelings in die vertrek langsaan is en daaraan toegee, is jy ʼn gevangene in jou eie huis. As jy egter die vertrek binnestap en niemand daar vind nie, is die leuen ontbloot en kan dit jou nie langer intimideer nie.

Waarvoor is jy bang?

Dis waarskynlik jou “eie jas wat aan die kapstok hang”.

Luister gerus weer na Joe Niemand se bekende lied “Ek sal nie bang wees nie”.

Gebed:

Ek gaan nie meer bang wees nie.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Dries ·

Ek is skuldig hieraan, maar in die teenwoordigheid van Jesus sal dit oorwin word!

Vicky ·

Ek is elke dag bang? vir al as jy vrou alleen is die lewe is hard. Positief ……maar ons is mens ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.