ToekomsVenster: Wakker wees

hande-in-mielie-lande

Foto: Felix Russell-Saw/Unsplash.com

“Waak en bid, sodat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is gewillig, maar die vlees is swak.” – Matteus 26:41

Trouens, ons het dit al by ’n vorige geleentheid aangedui dat ons optrede uitkring soos die sirkels op die water wanneer ’n klippie daarin gegooi word. Die negatiewe impak daarvan word ver en wyd gevoel.

Gelukkig is die teendeel ook waar. Die regverdige dade van ’n gelowige, dit wat in gehoorsaamheid aan en in navolging van Jesus gedoen word, het eweneens wye nagevolge. Paulus roep die gemeente op om die Gees van God toe te laat om hul gedrag te bepaal. Ook Efesiërs 6 roep ons op om in hierdie stryd staande te bly deur die volle wapenrusting van God aan te trek. Hierdie stryd gebeur sonder twyfel en ons moet daagliks rekening hou met die realiteit daarvan.

Hoe help gebed jou om in tye van versoeking staande te bly? Watter deel van die wapenrusting in Efesiërs 6 is vir jou besonder belangrik?

Gebed

Jesus, gee onderskeiding dat ek kan sien en interpreteer wat rondom
my aan die gebeur is.
Skenk my ’n waaksame gees.
Amen.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Maria ·

My gunstlin God se wapens is die SWAART. Die swaart waarmee GOD hom blink vryf en skerp maak

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.