ToekomsVenster: Wanneer ek sake in my eie hande neem

skip

Foto: Pixabay.com

Lees: Numeri 14 en Josua 14:6-15

Raak prakties

Dikwels kry ons geloof arendsvlerke in die lig van ʼn Godsbelofte, maar wanneer die vervulling daarvan uitbly, neem ons sake in ons eie hande. Dis dan dat ons ewe braaf ons hemde oopknoop en ons borshare wys, selfversekerd dat die uitkoms in ons eie hande lê. Die vraag is dus: In wie se ry val jy in? Reken jy op jou eie krag? Beteken dit dat jy die Here onderskat om sy beloftes uit te voer? Hoe lyk jou wholly follow van die Here?

Iets om oor na te dink

Ek merk nou die dag ʼn bufferplakker op – How is my driving? – met die veronderstelling dat iemand die bestuurder se bestuursvermoë dophou. Wat daarvan as ons elk ʼn plakker sou dra met How is my walking (in faith)? – met die veronderstelling dat ander sal opmerk by wie se ry ons inval, waar ons gesindheid lê en of ons die Here onderskat!

Gebed

Here, ’skuus dat ek soms myself kaptein maak! Ek val weer agter U in! Amen.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Cathy Kotze ·

“Skies as ek nie so mooi verstaan nie. Natuurlik glo ek in God se leiding. Hy rig my skrede.

Hy het my egter nie net ‘n strooipop gemaak nie. Hy het vir my ‘n brein gegee om mee te dink. ‘n Liggaam om mee te werk. Talente om mee te woeker. Wanneer het Hy ooit verwag dat ek net moet sit en bid, en alles sal regkom.

My eie wil speel beslis ‘n rol in my bestaan. Dis wat die mens verskillend maak van die dierewêreld.

As die rigsnioere verkeerd val, is dit slegs omdat God ander planne het. Maar ek beter werk om dit te volvoer.

Daan D ·

Dankie d Jannie Pelser – altyd duidelik en op die man af – ‘n inspirasie! Natuurlik bring ek my kant maar ek erken die teenwoordigheid van die Heilige Gees en Sy krag in my lewe – gryp dit met albei hande aan. Alleen is ek verlore!

Realis ·

Dis juis die probleem. Mense wat nie eie verantwoordelikheid vir hul suksesse neem nie. “Dream on”Jannie jou koffie word koud.

Jan ·

Toe Jesus vir sy dissipels sê gooi die net aan die ander kant uit was die vangs baie groot. Maar hulle moes met arbeid en inspanning die visse op die strand kry.
Ons het God se leiding en seën nodig. Hy het ons arbeid nodig. Saam kom die sukses.
Here help ons om in gebed te leef en daagliks in geloof te groei sodat ons U leiding kan volg terwyl ons ons dagtake doen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.