ToekomsVenster: Wanneer Hy ons weer oprig in ons roeping


sonneblom-02

Foto: Pexels/Pixabay.com

Lees: Johannes 21

Raak prakties/Iets om oor na te dink

Miskien is iets – of alles – hiervan jou belewenis … jy’t ʼn flater begaan en die vyand het jou van die veld af gekry met ʼn rooikaart. En waag jy dit net om hand op te steek om weer op die veld te kom, kraai die haan jou stil. Die oomblik toe Johannes na Petrus toe draai en aan hom bevestig dat dit Jesus was wat aan die oewer staan, het Petrus sy hemp aangetrek, want sy bolyf was kaal. Klink vir my nogal baie na Adam en Eva se reaksie in die lig van hul sondebesef.

Nou, om met jou hand in die koekieblik betrap te word, of toe jy daarna vergeet het om die krummels om jou mondhoeke af te vee, om betrap of uitgevang te word, is nooit aangenaam nie … gewoonlik gaan skuldgevoelens daarmee saam! Maar daardie oomblik hou ook belofte in … konfrontasie gee geleentheid tot belydenis en tot regmaak, en regmaak gee geleentheid vir heelword, en heelword gee geleentheid vir herstel, om weer opgerig te word.

Word stil en dink aan ʼn keer dat die vyand jou uit die spel kon haal en ʼn rooikaart onder jou neus kon vryf. En, onthou die gevoelens waarmee jy geworstel het, jou kwelling oor hoe jy hierdie flater sal kan regmaak. Verbeel jou jy is saam met Petrus daardie oggend in daardie skuit … raak jy ook daarvan bewus dat jy kaal is? Nou toe, kom oor die kant van die skuit en kom by die oewer! Jesus wag daar en Hy kan tel, en regmaak, en herstel, en jou weer oprig!

Gebed

Here, ek begeer niks anders as die vreugde van iemand wat vrygespreek is nie. Amen.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Rita Labuschagne ·

Ongelukkig vergeet die samelewing nooit jou foute nie

Adriaan Hattingh ·

Die een wat deur Jesus herstel en opgerig is se motiewe is nooit weer dieselfde nie. Diens aan ander is alleen uit waardering vir die Een wat my met soveel liefde herstel het en nie gegrond op ander se opinies nie. 1 Timotheus 1:12-14

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.