ToekomsVenster: Wantroue

juanita-badenhorst-04-sonsopkoms

Foto: Juanita Badenhorst.

Lees: Psalms 40:1-4:

“1 Vir die koorleier. Van Dawid. ‘n Psalm. 2 Ek het gesmag na die hulp van die Here. Hy het na my toe afgebuig en my hulpgeroep gehoor. 3 Hy het my uitgetrek uit die put van die dood, uit die slymerige modder, my op ‘n rots laat staan en my weer op vaste grond laat loop. 4 Hy het my ‘n nuwe lied in die mond gelê, ‘n loflied vir ons God. Baie sal daarvan hoor en Hom die eer toebring, hulle sal op die Here vertrou!”

As Christene het ons die roeping om vertroue in die samelewing te herstel. Met die wete dat ons altyd op God kan vertrou – en dat Hy, ten spyte van al ons foute en ongehoorsaamheid, nog al die tyd op ons vertrou – kan ons na ons medemense uitreik. Die eerste vraag is: Hoe betroubaar is ek? Kan mense op my staatmaak? Is my “ja” regtig my “ja” en my “nee” regtig my “nee”? Die tweede vraag is: Kan ek my eie vooroordele en vrese oorkom en begin om ander mense te vertrou? Hier het ons die verligting en die leiding van die Heilige Gees dringend nodig om ons op die pad van vertroue te begelei.

Gebed:

Hemelse Vader, help ons om ons wantroue te oorkom, om ons medemense werklik te vertrou. En maak ons op ons beurt ook betroubaar!

Leefwyse:

Om werklik met integriteit te leef sodat ander ons kan vertrou, vra baie. En om op ons beurt die vooroordele en die pyn van die verlede agter ons te plaas, om ons medemense werklik te vertrou, vra net so baie. Maar kom ons doen dit!

Om oor na te dink:

Vandag kan ons gerus ’n paar minute opsy sit om praktiese voorstelle oor hoe ons weer onderlinge vertroue kan bou, met mekaar te bespreek.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.