ToekomsVenster: Ware liefde vra meer van ons

liefde-hart-struik-muur

Foto: Pixabay/Pexels.com

Sê nou daar is ‘n broer of ‘n suster wat nie klere het nie en dag vir dag honger ly, en sê nou een van julle sou vir hulle sê: “Mag dit met julle goed gaan; gaan trek julle warm aan en eet genoeg,” maar julle gee nie vir hulle wat hulle nodig het om van te lewe nie, wat help dit dan? So gaan dit ook met die geloof: as dit nie tot dade oorgaan nie, is dit sonder meer dood. – Jak. 2:15-17

Jakobus slaag uitnemend daarin om die sake waarmee hy handel op konkrete wyse voor te stel. Soos in vorige tekste gebruik het weer ʼn voorbeeld waarmee ieder en elk kan identifiseer.

Die gevaar is groot dat ons barmhartigheid nie veel meer as ʼn oomblikkie se meegevoel is nie. Ons is onprakties en eintlik onbedagsaam wanneer ons die Evangelie aan mense aanbied onder om te oorweeg hoe ons dit konkreet kan maak in hul lewens, veral as die nood ooglopend gedemonstreer word.

Dis maklik om te sê, Jesus het jou lief. So noodsaaklik as wat dit is, kos dit die draer van die Blye Nuus nie veel nie. Ware liefde vra meer van ons.

Jesus het ons kom verseker van die Vader se liefde. As dit egter daar gebly het was ons vandag steeds verlore in ons sonde. Hy het die liefde van God prakties kom demonstreer deur sy lewe af te lê.

Geloofwaardige getuienis vir Jesus in die praktyk vra presies dieselfde van ons. As dit nie binne ons vermoë is om te help nie is ons nie vrygespreek van ons verantwoordelikheid nie. Daar is vele bedienings en kontakte met wie ons in gesprek kan tree of na wie ons mense kan verwys. Dit moet egter nie die maklike uitweg wees net omdat jy nie regtig wil help nie.

Dit gebeur dikwels in die praktyk dat behoeftiges aan die deur van die pastorie kom klop en vertel dat hulle deur gemeente lede na die dominee verwys is.

Dit laat ʼn mens wonder.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.