Ek het vir die Here gesê: “Ek behoort aan U, daar is vir my niks goeds nie behalwe by U”. – Lees Psalm 16:2
Wat ʼn enorme voorreg om in ʼn persoonlike geloofsverbintenis met die lewende Christus te staan.
Ons wil almal behoort en daar is nie ʼn genadiger en liefdevoller eienaar as die God van hemel en aarde nie. Die digter is baie oortuig daarvan dat daar vir hom geen ander toevlug is as die lewende Here nie.
Sy oorgawe is niks minder as ʼn lewensverbintenis nie. Dis ʼn vóór God lewe, elke dag en elke oomblik daarvan. God is die inhoud van elke droom, verwagting, ideaal en keuse. “ U leer my hoe om te lewe” (vers 11).
Wat die Here gee is buitegewoon kosbaar.
- Besoek die ToekomsVenster-inisiatief se webwerf vir meer inligting.