ToekomsVenster: Wat doen jy hier?

kersie-bloeisels-blomme-lente

Foto: Suju/Pixabay.com

Toe Elia dit hoor, het hy sy gesig met sy mantel toegemaak en by die bek van die grot gaan staan. Toe hoor hy ‘n stem wat vir hom sê: “Wat maak jy hier, Elia?” – 1 Kon 19:13

Die Elia verhaal is eweneens bekend. Onder aanstigting van God se Gees verklaar Elia ʼn drie jaar periode van droogte en gepaardgaande hongersnood. Hy doen dit met geloofsgehoorsaamheid en bewonderenswaardige moed. Sy belydenis is dat hy in diens van die Here staan en derhalwe die gesag het om die aankondiging te doen. Uiteraard is die boosaardige Agab aangevuur deur sy bloeddorstige vrou Isebel, Baal aanbidder, aan sy sy.

Elia kry drie jaar en baie omswerwinge verder opdrag om die einde van die droogte aan te kondig. Obadja speel ʼn belangrike rol in hierdie gebeure. Die ontmoeting met die volk Israel by Karmel verklap ʼn ontstellende twyfel dat God nog geglo word. As hulle met die keuse God:Baal gekonfronteer word, is die volk nie meer so seker wat hulle moet kies nie. Nadat die Baälsprofete demokraties die geleentheid kry om die offer wat hul voorberei is vanuit die hemel aan die brand gesteek te kry, sonder enige sukses, kom Elia aan die beurt. Sy geloofsvertroue word beloon deur vuur uit die hemel.

Die wolke versamel en spoedig reën dit emmers vol, maar nie voordat Elia die Baalprofete laat doodmaak nie. Dit ontstel Isebel geweldig en sy gee opdrag dat Elia doodgemaak moet word. Elia vlug vir sy lewe en verval in ʼn diepe depressiwiteit. Dit is hier dat die vraag weerklink. Wat maak jy hier Elia, verwysend na die plek maar ook die geestestoestand waarin hy hom bevind. Die een oomblik in ekstase oor die krag van God maar die volgende plat teen die grond in wanhopigheid.

Waar bevind jy jouself? Hoor die woord van die Here. Wat maak jy hier, so wanhopig, desperaat en hoop verydel? Het jy vergeet wie jou sover gebring het?

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.