ToekomsVenster: Wat het jou lewenswandel met jou roeping te doen? Alles!


afrika-bos-pixabay

Foto: RonPorter/Pixabay.com

Lees: Efesiërs 4:1

Raak prakties

So, met hierdie laaste woorde in jou gedagtes, het die oomblik van waarheid aangebreek; ʼn Integriteit-toets, of Karakter-toets. Baie van ons sou seker wou skerm, “Eish, is jy ernstig!” “Ja, want die waardigheid van jou roeping en bediening is op die spel, Jesus se Naam en sy koninkryk is op die spel!”

As karakter en integriteit dan te bespeur is in jou lewenswandel, dan vra dit van my en jou om ons voetspore na te gaan! Daar is ʼn spreekwoord wat lui: “’n Mens se ware karakter wys in hoe jy optree daar waar niemand jou kan sien nie.” Die Integriteit-toets en die Karakter-toets vir my en jou is dan: Hoe lyk die integriteit van ons hart daar waar niemand ons optrede en woorde en gesindheid sien nie? En, is dit ons roeping en bediening en Jesus se Naam waardig?

Iets om oor na te dink

Spreuke 20:7: “Wie reg doen en eerlik lewe, met sy kinders gaan dit goed”. My en jou integriteit bepaal die mate waarin ons kinders – die volgende generasie – geseënd sal wees!

Gebed

Here, kom toets die integriteit van my hart dat dit u Naam waardig sal wees. Amen.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ans ·

Baie dankie vir die stiltetyd boodskappe dit is baie insigewinde En ja n mens se ware kleure kom te voorskyn waar niemand jou kan sien nie ,maar God sien ons optrede al is daar nie mense om jou nie.??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.