Gelowiges (die kerk) is al dikwels voorgestel as God se voertuig in die wêreld. God het gekies om deur gewone mense met baie tekortkominge sy werk op aarde te doen en Hom te verteenwoordig. Hy rus ons toe vir ons taak.
Omdat God gekies het om ons die kuns te leer van die lewe, is dit belangrik om met God se oë na onsself te kyk. Eintlik help dit die meeste om eers te verstaan wie God is. Eers dan verstaan ons meer van onsself.
Lees gerus ook Psalm 8 en luister wat ds. Jannie Pelser daaroor sê in vandag se ToekomsVenster-oordenking.