ToekomsVenster: Wat is waarheid?


all-free-download.com

Foto: all-free-download.com

Psalm 86:11 – “Leer my U pad, Here, ek wil wandel in U waarheid; leer my U met toewyding dien.”

Was dit Pilatus wat gevra het, wat is waarheid? Die verstaan van waarheid in ons tyd is toenemend ingewikkeld. Ons leef in ʼn tyd van diversiteit waar mense hul eie opinies het en baie waarde daaraan heg. Mense is in opstand teen strukture en hiërargie, veral omdat laasgenoemde in die verlede hul skuldig gemaak het aan magsvergrype.

Mense se gewetes is deur allerlei ondeurdagte sake gebind. Mense het ook nie vir hulself rekenskap gegee nie, omdat hulle die instansies klakkeloos vertrou het. Duur lesse is in hierdie opsig geleer. Wantroue van mag en beheer is aan die orde van die dag.

Ek dink nie dis noodwendig sleg nie. Ten minste begin mense vir hulself dink. Ongelukkig is daar baie mense wat nie oortuig kan word van ander moontlikhede en variasies van die waarheid nie. Hulle het klaar besluit en daarmee is dit basta. Veral verhoudinge val in hierdie kategorie. Sommige mense word onregmatig etiketteer en moet daarmee verlief neem.

Daar is klaar besluit oor die waarde van sommige mense en veral as hulle verskil van dit wat bekend en aanvaarbaar is, word hulle summier uitgesluit. Waarheid is nie meer so absoluut as wat ons gedink het nie. Absolute waarhede suggereer dat ons alles weet. Ons weet egter nie alles nie en ken ten dele volgens Paulus. Dit sal baie van ons goed doen om ʼn inspuiting van nederigheid te ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.