“Dink aan die dae lank verby, onthou die jare van die voorgeslagte. Vra jou pa dat hy jou vertel, jou oumense dat hulle jou dit sê.” – Deuteronomium 32:7
In die Bybel se stories is een van die groot opdragte van God om te onthou. Om te onthou wat gebeur het, om te onthou hoe ons daarby uitgekom het. God vra dat ons vir ons kinders sal vertel en dat ons op ons beurt weer by die oumense sal gaan sit en luister.
Jesus vra dat ons hom sal onthou in die nagmaal; elke keer wanneer ons dit gebruik.
Dink hieraan
Wat het Christene in jou kerk se tradisie gedoen om te groei en om hulle te herinner aan God se storie? Het hulle gevas, gebid, vriende bymekaar geroep, gaan stilword in die berge? Lofsange geskryf? Mense doen dit al vir honderde en selfs duisende jare; vir ’n rede.
Doen dit
Wat is die hoofvormende tradisie in jou kerk? Doen dit elke dag vir ’n week en kyk wat gebeur; dit is daar vir ’n rede.
Gebed
Here, daardie mense wat voor my die pad gestap het; help my dat ek by hulle kan leer. Amen.
- ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.
Sal dit nie wonderlik wees,as almal nét in SA hul Goddelikke lewensdoel kan ontdek nie!.Ons sal in ñ Heilstaat woon waarop die wêreld jaloers sal wees en God Sy uiteindelikke doel en plan met die mens in vervulling kan bring!.