ToekomsVenster: Wat weet jy van jou lewensmaat?

(Foto: Mahkeo/Unsplash.)

Ongeag van hoe lank jy en jou lewensmaat al saam is belowe ek jou daar is dinge wat julle nie van mekaar weet nie. Hierdie inperkingstyd bied ʼn uitnemende geleentheid om jou lewensmaat beter te leer ken.

Hier is sommer ʼn eenvoudige oefening, wat julle saam kan doen: Stel ʼn vraelys van twintig of dertig vrae op en ruil dit met mekaar uit om die antwoorde te kry.

Begin by die ooglopende: Jou gunsteling kleur, gereg, boek, tydverdryf. Vul dit aan met familieverbintenisse, ervaringe uit jou kindertyd, vreugdes en hartseer, bekeringsverhale en geestelike lesse, drome en ideale, maats, vriende, helde, mentors, afkeure, voorkeure, passie en talente.

Selfs terwyl ek hierdie gedagtes neerskryf is ek bewus van sommer baie dinge wat ek nie van vroutjie weet nie. Dieselfde oefening kan natuurlik met kinders en ander familie gedoen word. Maak ʼn kompetisie daarvan. Bederf die wenner met iets aangenaam.

Ons is deur die Here aan mekaar gegee en Hy gee die beste. As ons mekaar beter leer ken sal ons groter dankbaarheid, waardering en tyd vir die ander mense in ons lewens hê.

As iemand moeite doen om ons regtig te leer ken, sonder agendas en veroordeling mag ek oopmaak. Dis egter intens en naby aan my hart.

Werk mooi daarmee. Dit is heilig.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.