ToekomsVenster: Wat wil jy word?


Foto: pixabay.com

Foto: pixabay.com

1 Kor. 3:16-17

Besef julle nie dat julle almal saam die tempel van God uitmaak en dat die Gees van God in julle as Sy tempel woon nie? As iemand die tempel van God beskadig, sal God hom skade aandoen. God se tempel is immers heilig en julle is self daardie tempel.

“Francis Chann, stigter van Corner Stone-gemeente in Kalifornië en skrywer van Crazy Love, vertel mense het hom as jongman gereeld gevra:  Wat wil jy word? Wat is jou doelwitte? Hy sê:  Ek het nie ʼn duidelike visie gehad oor wat ek gaan doen nie. Ek het nie spesifieke beroepsdoelwitte gehad wat ek graag wou bereik nie. Maar ek het geweet wié ek graag wil word! Ek wou die man wees wat God bedoel ek moet wees”. (Die Heilige Gees woon in en werk deur ons – Elza Meyer)

Dit is baie belangriker om te let op die “wie” van ons lewens as die “wat” en “waarheen”. In hierdie prestasie-behepte samelewing, word ons maklik verlei om soos ongelowiges beïndruk te word met status, posisie en invloed. Ons word egter geroep om die persoonlikheid en karakter van Jesus in ons lewens te integreer en hoe langer, hoe meer soos Hy op te tree. Dis ware karakter en integriteit. Mense sien maklik deur ons optrede as ons nie eg en eerlik leef nie.

ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.