ToekomsVenster: Wat word van hierdie wêreld?


Stil1

Foto: pixabay.com

Wanneer die volk wat my Naam dra, hulle verootmoedig en bid, en My weer soek en hulle afkeer van hulle bose lewens, sal Ek in die hemel hoor en hulle sondes vergewe en hulle land gesond maak. 2 Kronieke 7:14

God gebruik die uitdrukking: “… as my volk”. Ons parkeer die gebrokenheid van hierdie wêreld so graag voor die deur van ander mense. As al die onverskillige en Godvervreemde mense net hulself op koers wil kry. Kyk net hoe skandelik gedra die wêreld hulle. Hulle behoort hulle te skaam. Wat word van hierdie wêreld? Die Here moet sy toorn laat reën oor al die onverskilligheid. Sommer soos in die dae van Sodom en Gomorra.

Gepraat van dié tragiese geskiedenis, daar was nie eens genoeg regverdiges om daardie stad te red nie. Abraham het met die Here onderhandel: “Here, as daar twintig, tien, vyf regverdiges is.” God se antwoord is: “Ja, Abraham, ek sal die stad spaar. Waar is die regverdiges?”

Waarom lyk die wêreld so troosteloos? Sal God genoeg regverdiges vind om die wêreld in sy teenswoordige vervallenheid te red?
O, ek weet daar is baie mense wat die Here liefhet. Ek suggereer nie vir ʼn oomblik dat God dieselfde plan met ons het as met Sodom en Gomorra nie. Maar God soek na regverdiges wanneer Hy die oordeel oor ongeregtigheid wil voltrek.

ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.