ToekomsVenster: Wees stadig met beloftes aan God


God-sentrum-van-my-lewe

Argieffoto.

Aan U, o God, kom ʼn lofsang toe in Sion: geloftes moet betaal word. – Psalm 65:2

“Here as U my met hierdie eksamen help, sal ek…

As U uitkoms gee en voorsien, sal ek…

As U my daardie droom laat bereik, sal ek…

As U my spaar, sal ek…”

So asof ons God kan omkoop met ons voornemens en beloftes.

Hy het niks van ons nodig nie en tog glo ek Hy luister na ons met so ʼn stoute glimlag op sy mond. “Ai, my kind, jy is so gou om beloftes te maak. Jy kan nie eers ʼn nuwejaarsvoorneme hou nie, wat nog te sê jou beloftes na behore diens.”

God is in die hemel en die mens is op aarde sê die Bybel, daarom moet ons stadig wees, traag wees om beloftes en geloftes aan Hom te maak wat ons nie kan of gaan nakom nie (Psalm 76:12).

Dis dalk beter om net te bid en te vertrou en stadig te wees met allerlei voornemens wat ons in die sop gaan laat beland.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.