ToekomsVenster: Wees versigtig met wat in jou hart omgaan


deernis

Argieffoto.

Lees Spreuke 4:20-27 en Kolossense 3:1-2

Ek glo dissipelskap – om ‘n leerling van Jesus te wees – vra van jou om met ‘n groter bewussyn te leef; om meer bewus te word van dit wat jou werklik dryf in die lewe. Waaroor gaan dit regtig vir jou in jou hart? Daarom hierdie wyse raad van die Spreuke-digter: “Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe”.

Die ou woestynvaders het eeue gelede reeds agtergekom dit is belangrik om te waak oor dit wat in jou hart omgaan. Hulle het geleer alles begin deur ‘n proses van bewuswording: om bewus te word van die gedagtes wat in jou opkom, en dan met onderskeiding daaroor na te dink. Dit word gedoen deur drie eenvoudige vrae te vra:

  • Waar kom die gedagte vandaan? (Eie selfsugtige begeerte, die Bose of God?)
  • Waarheen lei dit as jy daaraan toegee? (Jy weet gewoonlik reeds uit ondervinding.)
  • Waar is God in dit?

Hierdie vrae het hulle ten opsigte van alle gedagtes gevra, hetsy oor kos (vraatsug), seks, gierigheid, afguns, woede of luiheid; ook ten opsigte van positiewe gedagtes oor diens en naasteliefde. Dit gaan daaroor dat elke mens moet leer om bewus te raak van die motiewe wat hom of haar dryf. Om met eerlikheid en opregtheid hieroor na te dink in God se teenwoordigheid is om oor jou hart te waak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.