ToekomsVenster: Wees volkome toegewyd aan God


gebed_stiltetyd_sit_sonsopkoms.jpg

Foto: stylonica.com

Mag God, wat vrede gee, julle volkome aan Hom toegewyd maak en julle geheel en al, na gees, siel en liggaam, so bewaar dat julle onberispelik sal wees wanneer ons Here Jesus Christus weer kom.

1 Tessalonisense 5:23

Hoewel die mens ʼn eenheid is, onderskei die Bybel tog drie wesenlike aspekte van menswees in hierdie teksgedeelte. Elsa Meyer beskryf dit baie mooi in haar stiltetydhandleiding oor die Persoon en werk van die Heilige Gees. Sy vergelyk die voorhof met die liggaam as die eksterne vergestalting van die lewe saam met Christus.

Ons leef immers deur ons sigbare liggame en reg en verkeerd word deur die fisieke liggaam uitgeleef. Die sielsdimensie (dalk is hart meer verstaanbaar) het met ons wil, emosie en begeertes te doen. Wat daar gebeur, bedink en beplan word, word uiteindelik in ons dade sigbaar. As ons  verkeerde besluite neem, vind dit uitdrukking in ons optrede na buite.

Uiteraard moet ons wil, begeertes en emosies onder beheer van God die Heilige Gees staan. Dit gebeur in die mate waarin die Gees in ons gees (die religieuse sentrum van ons lewe, die “God space”) toegelaat word om ons te vernuwe. As daar voortdurend iets skort met jou optrede in die wêreld moet jy ernstige vrae vra oor die mate waarin die Heilige Gees jou beheers. Gee Hom die voorrang in jou lewe.

Wat ek bedoel, is dít: Laat julle lewe steeds deur die Gees van God beheers word, dan sal julle nooit swig voor begeertes van julle sondige natuur nie.

Galasiërs 5:16

ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoekwww.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

brother shadrack ·

god bless you amen. ok i have a question, is it a sin to be rich or want to become rich.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.