ToekomsVenster: Weet wat om te los

bokse

Foto: Chuttersnap/Unsplash.com

Ek maak bymekaar en raak bitter moeilik daarvan ontslae.

Ons het in die onlangse verlede verhuis en moes weereens goed hanteer wat saamry sonder dat dit in maande, selfs jare gebruik is.

Notas uit my studentdae, nog nooit weer oopgemaak nie vorm deel van my bagasie. Penne, bykans almal droog, gaan terug laai toe.

Stukkies papier, dokumentasie van jare gelede, boeke wat ek  in die tyd wat “oor is” nooit sal kan lees nie, klere met sentimentele waarde, foto’s wat lankal verbleik het, verroeste gereedskap – so kan ek aangaan – trek weer en weer saam.

Met die weggooi en saai het dit effe beter gegaan die slag, maar dit bly ʼn groot uitdaging.

Die dinge wat ons saamtrek en deesdae in gehuurde eenhede gaan stoor omdat ons nie plek het daarvoor nie is ʼn metafoor vir ander bagasie wat ons met onsself saamry.

Emosionele bagasie is een voorbeeld hiervan: Wanneer dit ons pas haal ons die ou stories van teleurstelling, gekneusde hoop en die onreg wat teenoor ons gepleeg is (ons eensydige persepsie daarvan) uit. Lek nog ʼn bietjie aan ons wonde en bêre dit dan weer sorgvuldig weg.

Dit definieer ons, vorm deel van ons identiteit.

Ons voel onveilig daarsonder, kan onsself nie voorstel hoe dit moet wees om regtig vry te wees en te lewe nie.

In Suid-Afrika het ons soveel bagasie wat lankal by ʼn herwinningsaanleg afgelaai moes gewees het.

Sommige daarvan toksies wat onder die aarde in geseëlde konkas of teen hoe temperature in ʼn oond verbrand moet word.

Wat dra jy met jou saam?

Waarom kan jy nie daarvan ontslae raak nie?

Deel jou bagasie met God. Gaan praat met iemand, hulle kan jou help.

Waarom doen jy dit aan jouself?

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Agie ·

Wow. Die Here weet ALS.
Hy ken my gedagtes voordat ek dit spreek.
U Here is onmeetbaar groot.
Ver, ver bo my gedagtes.
My brein is te beperk om U te peil.
Amen en amen

Maria ·

Ek erken vir jare van kinderjare se bagasie gedra weet julle dit lekker om ontslae te raak deur gebede. Nou breed smile dra baie ligter as ooit en voel baie goed. Raak ontslae van alles in jou ou verlede nie moeite werd nie asook betekend niks

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.