ToekomsVenster: Werk met ywer


Oorgawe-aan-Jesus

Foto: Argief.

Wat kry die mens vir die werk waarmee hy hom vermoei? – Prediker 3:9

Prediker 3 is seker een van die mooiste gedigte in die Ou Testament. Dit beskryf die siklus van die lewe. Soms gaan dit goed. Soms gaan dit sleg. Daar is uiterstes. Daar is dood en verlies aan die een kant. Lewe en behoud is die ander kant van die munt. Kan ons dit verander? Kan ons dit verhoed? Nee, sê die Prediker (3:9) Dit klink amper fatalisties. Wat sal wees sal wees!

Dit hang natuurlik af van hoe ’n mens daarna kyk. Dis hier waar wysheid inkom. Die digter wil ons laat verstaan dat God in “beheer” is. As God iets wil doen, doen hy dit (3:14). As ons die lewe se gawes – kos, klere en arbeid – as ’n gawe aanvaar, is dit seker ook net reg dat die teëspoed ons nie uit God se hand kan ruk nie (7:14). Ons kan dit nie verander of begryp nie (3:11). Al wat ons kan doen is om die taak uit te voer waarvoor God ons geroep het (3:10). Die digter se wysheid is weereens eenvoudig: Werk en los die res vir God!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.