ToekomsVenster: Wie gaan leiding neem?

Foto: Miguel Á. Padriñán/Pexels.com

Lees: Numeri 27:17:

“wat vir hulle ‘n leier en aanvoerder kan wees sodat die volk van die Here nie soos skape sonder wagter sal wees nie.”

Leiers is mense wat bereid is om die onverwagte te doen, om verder te gaan as wat enigeen van hulle sou kon verwag.

Gebed:

Hemelse Vader, ons bid vandag vir ’n geslag leiers wat volgens U wil en U hart sal lewe. Ons bid dat U leiers soos Moses na vore sal laat tree wat ons land na ware vryheid sal kan lei. Ons bid vir jong leiers soos Josua, jong manne en jong vroue wat op die regte tyd die leisels sal kan oorneem. Ons bid vir mense wat soos Samuel sal wees wat die Woord van die Here sal hoor en dit met gesag sal spreek. Ons bid ook vir mense met Dawid se geloof, nederigheid en waagmoed. Ons bid ook vir jongmense soos Daniël wat nie sal swig onder die druk van onheiligheid en besoedeling nie. Ons bid ook vir persone soos Josef wat uit die put van verwerping, slawerny en onderdrukking sal opstaan en leiers sal word wat die wêreldekonomie sal beheer en vertrou sal word as raadgewers van presidente. Ons bid vir jongmense wat beklee sal wees met die wapenrusting van God en wat in staat sal wees om die magte van die duisternis teen te staan. Ons bid vir leiers wat nie ’n gees van vreesagtigheid sal hê nie, maar van liefde, krag en selfbeheersing. Amen!

Leefwyse:

Waag dit om aan te meld as leier in jou eie kring – maar weet dat dit spesifieke eise aan jou gaan stel.

Om oor na te dink:

Ons was in die verlede waarlik geseën met goeie leiers wat op kritieke tye in ons land die leisels geneem het. Vandag betreur ons die feit dat ons leiers ons in die steek laat. Hoe het dit gekom? Kan ons iets doen om die proses om te keer?

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Eish ·

Vandag kan ek saam met Jannie stem. Ek kan lankal nie meer bid vir die bewindshebbers nie, buiten dat hul tot n val sal kom. Leiersfigure, ons het genoeg, kyk na Solidariteit en Afriforum. Dis waar ons leiersfigure vandag gesetel is. Buite die politiek, sodat hul impak gevoel kan word daar waar die tyre die teer slaan.

Lena Jonk ·

Ons gaan vandag nederig as sondaars na U toe ons Hemelse Vader en bid en smeek dat U asb leiers sal stuur wie SA weer in die regte rigting sal neem, sodat ons geliefdes wees veilig en rustig kan voel. Jesus ons mense daar word uitgeroei deur demone . Ons vra asb ook dat ons mense na U toe sal terugkeer en U sal aanvaar as die alleen Almagtige God dan sal dit weer goed gaan. Ons bid vir n verloregaande mensdom wie afvallig van U geword het. Ons smeek vir wereldvrede. Ons glo en weet U sal die redding stuur.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.