ToekomsVenster: Wie is aan jou sy?


hande-vashou-sonsondergang

Foto: Unsplash/Pixabay.com

Lees: Matteus 5:4 en Johannes 14:16

Een van die kragtige wyses waarop die Heilige Gees tot langs ons kom, is deur die krag (δύναμις, dunamis) en vrymoedigheid (παῤῥησία, parrhēsia: all outspokenness; boldness; confidence) waarmee Hy ons bedien.

Loer gerus na die volgende twee Skrifgedeeltes: Handelinge 4:13: “Die Joodse Raad was verbaas toe hulle Petrus en Johannes se vrymoedigheid sien, want die Raad het geweet dit is maar ongeleerde en eenvoudige mense.”

Sien, ons kan maklik dink dat ongeleerd en eenvoudig ons diskwalifiseer om getuie of apostel of dissipel te wees! Vrymoedigheid kom nie vanuit onsself nie, dis ʼn heerlike geskenk en werking van die Heilige Gees in ons lewe. En, die bekende Handelinge 1:8: “Maar julle sal krag (δύναμις, dunamis) ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom …”

Iets om oor na te dink

Christus gee ons sy Gees om langsaan ons te kom en so bedien (toerus) Hy ons met krag en vrymoedigheid. Dink aan geleenthede waar jy reeds in jou lewe hierdie werking van die Heilige Gees ervaar het. Deel met die groep hierdie ervaring, maar ook waar jy tans van hierdie werking van die Heilige Gees in jou lewe en bediening afhanklik is.

Gebed

Here, dankie vir hierdie kragtige werking van u Gees in en deur ons elkeen. Amen.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.