ToekomsVenster: Wie is die belangrikste?

kinders_stap_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: Pixabay.com

Toe hulle daarna in Kapernaum by die huis kom, het Hy vir hulle gevra: “Waaroor het julle langs die pad geloop en praat?” Hulle het egter niks geantwoord nie, want hulle het langs die pad met mekaar gestry oor wie van hulle die belangrikste is. Jesus het gaan sit en die twaalf geroep. Hy sê toe vir hulle: “As iemand die eerste wil wees, moet hy die heel laaste en almal se dienaar wees.” Toe het Hy ‘n kindjie geneem en hom tussen hulle laat staan. Hy het sy arm om hom gesit en vir hulle gesê: “Elkeen wat so ‘n kindjie in my Naam ontvang, ontvang My; en elkeen wat My ontvang, ontvang nie net vir My nie, maar ook vir Hom wat My gestuur het.” – Markus 9:33-37

Jesus het pas vir ʼn tweede keer vertel wat vir hom voorlê. Die dissipels loop egter met mekaar en stry oor wie die belangrikste is

Ai, die ewige soeke na posisie en sukses. Ons almal staan gereed om erkenning vir onsself te soek en onsself by mense aan te beveel. Ons wil almal graag belangrik wees, “celebrities”. Ons name op die voorblaaie van die koerante, nuusmakers van die dag. Jesus is besig met ʼn aanskouingsles.

Kindertjies word nadergeroep. Hulle is die belangrikste in die Koninkryk. Hulle is pretensieloos en vertrou onvoorwaardelik. Hulle is tevrede met wat hulle het en word nie deur wêreldse oorwegings op sleeptou geneem nie.

Jesus se ekonomie werk anders. Hulle staan immers in die teenwoordigheid van die belangrikste persoon daar. Hy het egter gekom om te dien. Sy optrede was daarvan ʼn sprekende voorbeeld. Hy loop mense agterna met sy boodskap van genade en stuur niemand weg nie. Hy ontsien selfs voedsel ten einde by die behoeftes van mense uit te kom.

Eerste en laaste is sterk metafore. Almal ken die ervarings van eerste en laaste wees. Laaste is onbelangrik, nie suksesvol nie, nie in aanvraag nie, kom nie op die voorblad nie, daar word nie oor laaste geskryf nie.

Jesus keer die orde om. Wie eerste moet die laaste wees. Soos by die etenstafel. Almal gaan voor en eers wanneer almal bedien is tree jy na vore. Agterna versamel yy die gebruikte skottelgoed en terwyl die ander gesellig kuier word gewas en opgeruim.

Dis nie maklik om laaste te wees en daarvoor te kies terwyl jy die potensiaal het om eerste te wees nie.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Elize ·

Liewe Heer ek het U Meer nodig as ooit Here wees my genadige asb ek bid vir deurbraak asb Heer ek mis my kind en my ouers asb help my met oorplasing asb ek kan nie sonder hulle nie asb ek dank U vir Alles wat U gedoen het en wat U nog gaan doen asb Amen U is die Belangrikste U is in Beheer

Elize ·

Liewe Heer U Ken my hart U sien my trane wees my genadige asb help my Met OORPLASING asb ek mis my kind en ouers asb help my ek het niemand anders wat my gaan help nie asb dankie liewe Heer asb ek vra U asb dankie

Flemming ·

Leipoldt :-
Roem van mense, rykdom, pragte
alles vergaan soos mis op die vlei,
Sterre wat skiet in pikdonker nagte,
Het langer lewe as roem kan kry

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.