ToekomsVenster: Wie is hierdie mense saam met jou?

pienk-blom-blomme

Foto: Adrianna Calvo/Pexels.com

God het aan Bileam verskyn en gevra: “Wie is die manne hier by jou?” – Num 22:9

Die Moabiete verstyf van angs omdat hulle weet dat die Here met Israel is. Nuus het hulle reeds bereik van oorwinnings wat die volk oor vyandige magte gehad het.

Die Israeliete het ʼn groot bedreiging geword omdat die Here hulle geseën en hulle talryk geword het. Hulle het die voortbestaan en onafhanklikheid van Moab bedreig. Balak, die koning van Moab is baie bang en word bewus van Bileam, ʼn profeet wat in diens van die Here staan. Dit is duidelik daarin dat wanneer die vreemde manne by hom aandoen hy hulle uitnooi om die nag te bly sodat hy die Here kan raadpleeg. Die feit dat hy die manne akkommodeer is verdag, derhalwe die vraag, “wie is die manne hier by jou”? Bileam moes toe die manne by hom aandoen hulle onmiddellik die deur gewys het.

Wat is daar in jou mondering, menswees en spasie wat nie van God verteenwoordigend is nie? Waarvan moet jy ontslae raak omdat dit bedenklike sekuriteit verteenwoordig? Sou die waarseërsloon vir Bileam aantreklik wees dat hy net wil seker maak dat die Here tog nie van plan verander nie? Wie slaap en wat slaap by wyse van spreke onder jou dak wat nie verteenwoordigend is van ʼn verhouding met God nie?

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.