ToekomsVenster: Wie kan werklik oordeel?

(Foto: JP Voogt)

Die skrifgeleerdes en die Fariseërs bring toe ’n vrou wat op owerspel betrap is, en laat haar in die middel van die kring mense staan. Hulle het vir Hom gesê: “Meneer, hierdie vrou is op heter daad betrap waar sy owerspel gepleeg het. Moses het ons in die wet beveel om sulke vrouens te stenig, maar u, wat sê u?” Dit het hulle gevra om Hom uit te lok, sodat hulle iets kon kry waaroor hulle Hom kon aankla. Maar Jesus het gebuk en met sy vinger op die grond geskrywe. Toe hulle aanhou om Hom te vra, het Hy regop gekom en vir hulle gesê: “Laat die een van julle wat ’n skoon gewete het, eerste ’n klip op haar gooi.” – Johannes 8:3-7

Hulle noem dit projeksie. Jy projekteer doodgewoon jou eie ongemak op ander, maak hulle die saak ter bespreking sodat jy skotvry daarvan kan afkom.

Ons maak almal maar so, dit is eg menslik maar dit beteken nie dat dit reg is nie. Ons wys die vinger terwyl die ander vier na onsself wys maar is blind en moedswillig blind daarvoor.

Ons soek ʼn sondebok, iemand wat ons kan verwyt en wat die blaam kan dra. Amper soos die skuldoffer wat in die ou Testament gebring is. Die sonde en oortredinge van die volk word op die dier oorgedra en die word dan die woestyn ingejaag om daar te sterwe.

Dit alles getuig egter van ʼn infantiele en onaanvaarbare manier van lewe.

Die Heilige Gees oortuig van sonde, oordeel en geregtigheid.

Wat dit vir my lewe impliseer kan net ek weet.

Wat dit vir jou beteken is nie vir my so duidelik nie. Dit is nie my taak om jou van sonde, oordeel en geregtigheid te oortuig nie. Dit is die werk van die Gees en ons moet ons daarvan weerhou om in die opsig die werk ban die Gees te wil doen.

Dit is vir my persoonlik pynlik hartseer hoeveel tyd kerklike vergaderings in beslag neem om oor ander mense se “sonde” te gesels. Ek is nie seker dat die bronne van tyd, energie, geld en alles wat daarmee saamhang verantwoordelik aangewend word nie, nie in ʼn wêreld waar duisende kinders, vanoggend honger by die skool opgedaag het en veel meer vanaand honger sal gaan slaap nie.

Mag die Here ons harte ondersoek.

Het dit nie tyd geword dat ons voor ons eie deur vee nie?

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Charl ·

Absoluut so waar ! Eers die balk in jou eie oog dan die splinter in die van jou broer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.