Lees: Handelinge 4
Met Moses se roeping (Eksodus 3) vra hy die volgende van die Here: “Sê nou maar ek kom by die Israeliete en ek sê vir hulle: ‘Die God van julle voorvaders het my na julle toe gestuur’ en hulle vra vir my: ‘Wat is sy Naam?’, wat moet ek dan vir hulle sê?”
En net so word die apostels gekonfronteer ná die genesing van die verlamde man (Handelinge 3): “Deur watter krag en in wie se naam het julle dit gedoen?” (4:7) Petrus gee hierop ʼn kragtige antwoord – vol van die Heilige Gees (4:8-12, net vers 10 & 12 hier), “… dit is in die Naam van Jesus Christus van Nasaret dat hy hier gesond voor julle staan” en “Hy bring die verlossing en niemand anders nie. Daar is geen ander naam op die aarde aan mense gegee waardeur God wil dat ons verlos moet word nie.”
Raak prakties
Dit lyk dus vir my dat Johannes 15:4 en 1 Johannes 2:28 aan ons die beste raad bied: “Julle moet in My bly.” Wat daarvan as ek en jy ons Mission Statement aanpas van hierdie waarheid-verwoording: “Hierdie bediening waartoe die Here my geroep het, kan ek alleen tot uitvoering bring indien ek in Christus bly.”
Iets om oor na te dink
Met gister se tema nog vars in ons gedagtes, kan ons dit nie mislees toe Elia sy mantel op sy opvolger gegooi het nie (1 Konings 19:19). Dit herinner my aan Elia se vraag aan Elisa: “Wat wil jy hê moet ek vir jou doen voordat ek van jou af weggevat word?” met Elisa se antwoord, “Mag daar tog ʼn dubbele deel van u gees op my kom” (2 Konings 2:9-10).
Gebed
Here, nie in my eie krag, maar in u krag en Naam. Here, gee my ʼn dubbele porsie. Amen.
- ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.