ToekomsVenster: Woord van wysheid vra hoe


God-se-goedheid

Foto: Reint Dykema.

Aan die een gee die Gees die bekwaamheid om wyse raad te gee… – 1 Korintiërs 12:8

Hoe onderskei mens tussen ’n woord van wysheid, ’n woord van kennis en ’n profetiese woord? ’n Woord van wysheid onthul hóé God wil hê dat ons ’n bepaalde saak moet hanteer. Partymaal bevat ’n profetiese woord terselfdertyd ook ’n woord van wysheid. Soms is ’n woord van wysheid op die toekoms gerig. Dan wil die Heilige Gees aan ons openbaar hoe God wil hê dat ons in die hede moet optree om die toekoms met wysheid tegemoet te gaan.

In Handelinge 11:28 het die Gees aan Agabus geopenbaar dat ’n droogte en hongersnood die hele Romeinse Ryk gaan tref. Hoewel hierdie onthulling ’n profetiese woord was, het dit ook ’n woord van wysheid bevat. Die Heilige Gees het die gelowiges vooraf gewaarsku en diegene wat daarna geluister het, kon hulself daarop voorberei. Die gemeente in Antiogië het toe besluit om by te dra tot ’n hulpfonds vir die gelowiges in Judea.

Woorde van wysheid help ons om in lyn te kom met wat God vir ons/Sy gemeente beplan en verhinder dat ons vasgevang raak in gebeure en omstandighede. Wanneer jy ’n woord ontvang of uitspreek wat onthul, vra jouself af: Stel hierdie woord my in staat om agter te kom hoe God wil hê dat ek moet optree?

Wysheid en die gawe van wysheid
’n Mens hoef nie bekend te wees as ’n wyse persoon om in die gawe van wysheid te opereer nie. Die gawes word deur die Heilige Gees gegee, soos Hy dit nodig vind om Goddelikeo penbarings aan die gelowiges te gee, 1 Korintiërs 12:11.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoekwww.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.