ToekomsVenster: Xristus

woestyn-02

Foto: Wolfgang Hasselmann/Unsplash

Hoe dikwels gebruik ons nie woorde, name en titels,  Jesus Christus die Here in ons gebede nie. Ek dink as ons net die inhoud, die waarde, die grootsheid van daardie woorde begryp ons wêreld anders daar sal uitsien. Hy, Jesus, is inderdaad die God van hemel en aarde aan wie die eer en heerlikheid toekom.

“Jesus is sy Naam” lui ʼn bekende lied. Dié naam was bekend in die nabye oosterse wêreld. Dit het die betekenis van verlosser en redder. Jesus is inderdaad die Verlosser en Redder van hierdie wêreld.

Christus dui op die roeping, salwing en sending wat op Jesus se lewe gerus het. U is die Christus, die Seun van die lewende God, het Petrus dit beaam. Die Messias Koning inderdaad.

Here, Kurios, is die titel wat die vroeë Christene in moeilikheid laat beland het. Teenoor die populêre mening dat die keiser die Here is, het Christene selfs ten koste van hulle eie lewens die belydenis gehandhaaf dat Jesus die Here is. As Here het Hy finale gesag. Hy is op die troon en heers as Koning oor die heelal.

Ek wonder of jy bekend is met die Christus monogram. Die sogenaamde Chi-Rho kruis staan vandag ook bekend as die Konstantynkruis, Christusmonogram of ook Labarum. Chi-Rho staan vir die eerste twee Griekse letters van die woord Chrestos (Christus of kruis). Hierdie teken het ‘n besondere gunstige betekenis gehad, naamlik: Onder die beskerming van die kruis.

Ek haal aan: Die droom van Konstantyn is deur Christene uitgelê as Christus wat die Son (Songod) vervang.

Hoe dit ook al sy, hierdie Christus is ons Koning. In Sy Naam sal ons die oorwinning behaal.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

OWO ·

Interessant om te let dat die titel ” Here” in die Bybel in drie betekenisse gebruik word.
Dit is ‘n vertaling van die Naam van God(Jahwe)
Dit is ‘n vertaling van die Hebreeus(Adon,Adonai)vir heerser/gebieder/eienaar.
Dit is ‘n vertaling van die Griekse woord kurios wat heerser,beskikker kan beteken.
Die Afrikaanse woord “Gesalfde” is ‘n vertaling van die woord “Messias”,en die Griekse woord “Christus”

Kornel ·

Loof en Prys Die enigste Lewende God en Vader, skepper van alles. Amen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.