Gedagte vir die dag: Toewyding

woud-stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Vertrou op die Here met alles wat jy het. Moenie staatmaak op jou eie insigte nie. Vra na die wil van God in alles wat jy doen. Hy sal die regte pad vir jou wys. (Spreuke 3:5-6)

Om God heelhartig te vertrou, beteken dat jy jou voorneem om Hom toe te laat om jou te wys hoe om te lewe – in alle areas van jou lewe. As ’n sondige mens sal jy dit nooit heeltemal regkry nie, maar moenie dat dit jou keer om jou daaraan toe te wy om jou bes te doen nie. As jy God vertrou en sy wil soek, sal Hy jou na die mense, plekke en geleenthede lei wat Hy weet vir jou ’n doelwit en tevredenheid sal gee.

Hoe toegewyd is jy daaraan om God te vertrou?

Bron: Geanker in genade – ‘n Samestelling
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Yvonne ·

Dankie Here dat ek U soos altyd kan vertrou om my te lei in die onsekere tye….U is die kenner van my verlede my hede en my toekoms….in Jesus Naam

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.