Gedagte vir die dag: Tranedal

rus-by-God_stiltetyd

Foto: Tearsinabottle.wordpress.com/Royalty-Free/Corbis

U het my ellende raakgesien. U het my trane opgevang. U het dit opgeskryf in u boek. (Psalm 56:9)

Dieselfde God wat die dood oorwin het, het gehuil by sy vriend se graf (Johannes 11:35). Aan die een kant is Hy die oorwinnaar, die God wat die heelal geskape het – sonder vrees en sonder perk. Aan die ander kant was Hy ook ’n mens net soos ek en jy: aangeraak deur hartseer en deur sy eie en ander se swaarkry.

Dis ’n geweldige troos om te weet dat, omdat Jesus fisieke en emosionele pyn ervaar het, Hy ons pyn verstaan. Hy sien die trane raak wat jy agter jou donkerbril probeer wegsteek; Hy is die getuie van jou hewigste huilbui – en Hy het jou oneindig lief. Wat selfs nog ’n groter troos is, is die waarborg dat Hy in die hemel op ons wag en gereed staan om ons laaste trane met sy deurboorde hande af te droog (Openbaring 21:4).

Bron: Uittreksel uit ʼn dagstukkie uit Soos appels van goud deur Dr. Michael Mol en Dalene Reyburn. Dié boek is die perfekte kombinasie van geestelike voedsel en fisieke welstand.
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Yvonne ·

Dankie Here dat U altyd by my is….ek is nooit ooit alleen nie…maak nie saak wat my omstandighede is nie…Amen

Persheks Adri ·

Inderdaad droog U my trane elke dag op! Dankie Liewe Heer! Amen

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.