Gedagte vir die dag: Transformasie

pottebakker_klei_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Ek is oortuig dat God die goeie werk wat Hy in julle begin het, sal voortsit totdat Hy dit voltooi op die dag wanneer Jesus Christus terugkom. (Filippense 1:6)

Van die oomblik dat God “goeie werke” in jou begin doen, belowe Hy om in jou aan te hou werk en elke aspek van jou hart en karakter te transformeer. Hy sal jou wys hoe om meer soos Hy te word in jou verhoudings, werk, diens aan ander en liefde. As jy Hom vra om elke dag in jou te werk, sal jy verstom wees oor die verandering in jou wanneer jy uiteindelik hierdie lewe verlaat om vir altyd by Hom te wees.

Wat moet God vandag in jou doen? Is jy gereed daarvoor dat Hy in jou werk?

Bron: Geanker in genade – ‘n Samestelling
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.