Gedagte vir die dag: Trek elke dag jou klere aan

Foto: pixabay.com

Soos ’n mens jou klere aantrek, moet julle die Here Jesus Christus “aantrek”, en nie ’n duimbreedte toegee aan die begeertes van julle sondige natuur nie. (Romeine 13:14)     

Die tweede aspek van beklee, is ’n teenswoordige opdrag. Omdat ek deur geloof in Jesus Christus deel van Christus geword het en in Hom gedoop is (Gal 3:27), is die opdrag in vandag se teksvers van toepassing. Ons kan nie van mense verwag om hulle met die Here Jesus Christus te beklee as hulle nie deel van Christus geword het nie. Dit is sinloos! Daaglikse bekleding met die Here Jesus het te doen met sy gesag – om die gesag van die Here vir jou lewe aan te trek soos klere.

Moenie mislei wees en dink dit is gesag waaruit jy kan lewe nie. Paulus vermaan nie die mense om  vanuit die gesag van die Here te leef nie, maar onder die gesag van die Here. Die enigste manier hoe ons die vlees kan oorwin, is onder die gesag van die Here Jesus Christus. As Paulus sê ons moenie ’n duimbreedte toegee aan die begeertes van ons sondige natuur nie, sê hy nié genade bedek ons sonde nie. Hy sê, kry klaar daarmee. En die manier hoe ons klaarkry met die “nuttelose werke van die duisternis” (Ef 5:11) is om ons te onderwerp aan die gesag van Jesus nadat ons gebuig het voor Hom in geloof deur weergeboorte.

Die gesag van Jesus is die bepalende faktor in ons lewe. Om te weier om dit te doen, is ondenkbaar vir ’n dissipel! Dit is die vreugde en koste van dissipelskap.

Vader, leer my om my daagliks aan u Seun te onderwerp.

Bron: Wees oor niks besorg nie deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Here uit my eie is ek nie in staat nie, maar deur U genade alleen sal ek my doel bereik

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.