Gedagte vir die dag: Troos vir verloste mense

hand_veld_son_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Aangesien ons saam met Christus gesterf het, weet ons dat ons ook deel sal hê aan sy lewe. Ons weet dit omdat Christus uit die dood opgewek is en nooit weer sal sterf nie.  (Romeine 6:8)

Dit was Paulus se geloof en eerstehandse ervaring dat die gelowige saam met Christus gesterf en tot ’n nuwe lewe opgestaan het – nuut en skoongewas deur die bloed van die Lam. In hierdie nuwe lewe is die ou dinge van die eie ek verby en pragtige nuwe dinge kom as die vrug van die Gees te voorskyn. Die ou, sondige mens het as’t ware gesterf en is saam met Christus begrawe. Daarom leef die nuwe mens ook saam met Christus en kry so deel aan die lewe van Christus tot in ewigheid. Wat ’n heerlike troos vir verlostes in Christus!

Here Jesus, leer my deur u Gees wat dit beteken om saam met U te sterf sodat ek deel kan hê aan u lewe. Amen.

Bron: My gunsteling Bybel oordenkings
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.