Gedagte vir die dag: Trotseer

Man_veld_Bybel_Stiltetyd_.jpg

Foto: teachingthem.com

Julle moet julle vyande liefhê. Doen goed aan dié wat julle haat. Seën dié wat julle vervloek. Bid vir hulle wat julle seermaak (Lukas 6:27-28)

Brené Brown het die Engelse woord BRAVING in ’n akroniem verander om vertroue in mense te ontwikkel, wat altyd die risiko inhou dat dit jou ten opsigte van jou emosies en verhoudings sal uitdaag. BRAVING staan vir: Boundaries – om grense neer te lê; Reliability – om betroubaar te wees; Accountability – om aanspreeklik te wees; Vault – vertroulikheid wat albei partye raak; Integrity – om integriteit te hê; om dapperheid bo gerief te kies, en om te kies wat reg is eerder as wat pret, vinnig en maklik is; Non-judgment – om nie te veroordeel nie, en Generosity – om vrygewig te leef.

Sy sê: “Dit is moeilik om mense te haat wanneer jy nader aan hulle kom. Beweeg daarom nader.” Dalk is dit tyd dat ons dit waag buite die mure wat ons opgebou het in ’n poging om onsself emosioneel te beskerm. Jesus het dit gewaag om verhoudings te bou met mense wat Hy geweet het Hom op die slegste moontlike manier in die steek sou laat. En Hy sê vir ons: Gaan doen jy dit ook.

Here, die blote gedagte om nader aan sekere mense te gaan ontstel my, wat nog te sê om my lewe vir hulle oop te stel en hulle te vertrou. Help my om oor hierdie gevoel te kom. Amen.

Bron: Reis lig deur die lewe deur Dalene Reyburn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Johan ·

Dankie Here dat U in ons lewens is. Dankie vir al U genade en seëninge Here. Amen!

Quentin X. Viljoen ·

Sekerlik een van die MEES moeilike dinge om te doen! (Maar) Ons MOET dit doen, as ons regtig meer soos Jesus wil wees. God Help Ons!

Chris ·

Dis tyd om vir ons naaste te bid Die Here wil dit hê ,om te vergewe en te vergeet . As iemand op Facebook of Twitter met Angus Bucam kan praat Vra asseblief dat hy moet voortgaan met sy Saamtrek in Februarie hy het klaar gesê hy is jammer oor wat hy gesê het Hy kan by die saamtrek ook jammer sê
Maar hy moet nie nou in n dop kruip nie , Die land het sy preke baie nodig .
Gristen Groete

Maria ·

Erken krap wonde oop sjoe dankie! My muur so dik en so hoog tussen my en mense op aarde dit vir my ontmoontlik maar U is dit niks ontmoontlik . Glo en vertrou U sal my help om waarlik ek kan optree Lucas 6:27-28 vir my mede mense dankie Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.