Gedagte vir die dag: Twee weë – kies een

 Pad_vurk_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Want die Here ken die weg van die regverdiges, maar die weg van die goddelose sal vergaan. (Psalm 1:6, Bybel in Afrikaans 1933/1953)

Psalm 1 – wat ook as samevatting van die hele psalmbundel dien – beskryf twee weë wat vir ’n mens bestaan: die pad van die regverdige en die pad van die goddelose. Die digter wil hê die leser moet kies, en natuurlik wil hy hê dat ons God se pad kies. Hy sê daardie pad word deur God “geken”, met ander woorde God is intiem met die regverdige op daardie pad. Dis ’n pad wat na God toe lei.

Die ander pad is ’n lewe sonder God. Daardie pad bring jou nêrens nie: dit “vergaan”, dit verdwyn eenvoudig – ’n mooi beeld van verlorenheid. Jy dink nog jy is op pad iewers heen dan is daar net nie meer ’n pad nie. Op watter pad is ons? Die werklikheid is natuurlik dat ons so ’n bietjie op beide paaie stap, nie waar nie? Ons wil op die pad van die Here wees, maar dan dwaal ons weer af. Dis hoekom daar altyd weer ’n keuse is tussen twee weë – ook vandag!

Vader, ek kies opnuut om u pad te stap. Ek wil werklik met God wandel. Amen.

Bron:
Hou vas aan die Hoop deur Jimi le Roux
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.