Gedagte vir die dag: Tweede-natuur-gewoontes

vrou_sonsondergang_dink_see_staar.jpg

Foto: stringsofsoulfulness.com

Wat jy dink, bepaal alles wat jy doen. (Spreuke 4:23)

Kenners sê dat wanneer ’n mens iets meer as vyf en twintig keer herhalend gedoen het, dit ’n groter kans staan om ’n gewoonte te word. En wanneer iets ’n gewoonte is, hoef ons nie meer so baie daaroor te dink nie. Ons doen dit amper outomaties. Dit word ’n patroon. ’n Ritme. Soos tandeborsel. Of skoenevasmaak. Of met God gesels …

Een van die beste gewoontes wat ons kan aanleer, is juis om die dinge te doen wat ons minder “ons” maak en wat die Gees kans gee om meer “Hy” in ons te word. Dinge soos:

  • om vroeg-oggend al jouself voor die kruis neer te lê en Hom te vra om in jou te leef;
  • om dwarsdeur die dag gereeld op Hom te fokus en Hom toe te laat om aan jou uit te wys waar Hy dalk meer Hy in jou lewe kan wees;
  • om vanaand voor jy gaan slaap retrospeksie te doen oor die kere waar jy die Gees toegelaat het om jou te lei, waar jy Hom deur jou laat praat en doen het.

Hoe meer ons hierdie gewoonte kan oefen, hoe meer sal ons agterkom hoe ons menslike swakhede verdwyn en sy grootheid meer word.

Kom ons kweek die gewoonte om dwarsdeur die dag die Gees te vra om ons denke te vorm, ons emosies te rig … ons lewe te leef.

Ek wil amper sonder-dink gedurig aan U dink.

Bron:
Jou voetpad na vrede deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.