Gedagte vir die dag: Tweede-natuur-harte

 hart_sand_see.jpg

Foto: newheavenonearth.com

Soos God wat julle geroep het heilig is, moet julle in julle hele lewenswandel ook heilig wees. (1 Petrus 1:15)

Hoe dink jy lyk mense wie se harte op God ingestel is? Hoe dink en praat hulle? Hoe tree hulle op? Kan ’n mens Godlief-hê-mense onderskei van ander? Miskien die belangrikste: Dink jy ander weet jóú hart leef van nature saam met jou Here? Kom ons begin deur te vra: Hoe lyk mense wie se hartklopritme in pas is met God s’n?

  • Geesvervulde mense se oë is vol deernis. Hulle kyk op ’n sagte manier na ander. Daarom benader hulle mense met begrip, empatie en met opregte belangstelling.
  • Mense wie se hart warm klop vir hul Here, wil sy wíl doen. Hulle kry dit nie altyd heeltemal reg nie, maar hul hele wese streef daarna. Juis daarom weet hulle onmiddellik as hulle bui te sy wil opgetree het en dan maak hulle reg.
  • Wanneer die Gees self mense se harte laat klop, gaan dit nie meer vir hulle net oor hulself nie. Dan doen hulle dinge in hul Vader en ander se belang. Dan wys hulle liefde vir Hom en hul medemens spontaan in alles wat hulle sê en doen.

Jy wil graag ’n lewe saam met die Gees leef. Dis jou strewe om iets van God se liefde aan hierdie wêreld te demonstreer. Hy weet dit en Hy wil jou help om sy natuur te leef.

Here, ek laat U toe om my minder my en U meer U in my te maak.

Bron:
Jou voetpad na vrede deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.