Gedagte vir die dag: Twyfel

bid_kniel_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Wanneer twyfel my oorweldig, het u troos my verbly. (Psalm 94:19)

So te sê al die Bybelse helde het gesukkel met twyfel oor God en sy vermoë of begeerte om te help. Twyfel is nie noodwendig vir God sleg nie, solank dit jou dring om antwoorde by God te soek. Twyfel kan sonde word as dit jou van God af wegneem na skeptisisme en dan na sinisme en uiteindelik lei tot ’n harde hart. God beloof dat jou twyfel ’n seën kan wees as jou eerlike soeke na antwoorde lei tot ’n beter verstaan van wie God is en ’n dieper geloof in Hom. As ander mense jou sekerheid in God sien wanneer jy sukkel met twyfel, sal hulle geïnspireer word om ook in geloof aan God vas te hou in alle omstandighede.

Hoe sal jy reageer wanneer jy in God twyfel?

Bron: Geanker in genade – ‘n Samestelling
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.