Gedagte vir die dag: Tyd om te mediteer

 pad-groen-woud-stiltetyd.jpg

Foto: fietzfotos/pixabay.com

Ek wil die Here prys. Met alles wat binne-in my is, wil ek sy heilige Naam prys. Ek wil die Here prys en nie al sy goeie dade vergeet nie. (Psalm 103:1-2)

Jy wonder dalk wanneer is die beste tyd om die almagtige God te loof en te prys. Wel, ek loof en prys God terwyl ek met my perd, Snowy, ry. Ek loof en prys Hom wanneer ek na die pragtige natuurskoon kyk. Maar hoe loof en prys jy God as jy dalk in die hospitaal is, of in die tronk?

Terwyl ek oor die wêreld heen gereis het en die evangelie in verre lande verkondig het, het ek soms baie eensaam en moeg geword. Ek sou vir lang tye in die vertreksaal sit en wag vir my vlug. En dan sou ek nie op pad huis toe wees nie; ek sou op pad wees na my volgende afspraak toe. Dit was dan gedurende hierdie tye wat ek na my eie “binnekamer” toe sou gaan. Ek sou daar ingaan, en die Here dank vir die goedheid wat Hy aan my betoon het. Ek praat natuurlik nou van die binnekamer wat ek in my gedagtes geskep het. Dit gaan oor meditasie.

Ek stap in my gedagtes by ’n paadjie af. Die gras is lank en groen langs die pad. Dit is ’n tropiese woud en ek hoor die voëls sing. Ek gaan sit op ’n omgevalle boomstomp langs die pad. ’n Ligte briesie waai. In die stilte hoor ek die roep van ’n visarend. Ek aanbid God en kry my krag terug (Jesaja 40:31).

Net dan hoor ek die aankondiging dat my vlug gereed is. Ek sal dan heeltemal verfris opstaan, op die vliegtuig klim en gereed wees vir die volgende deel van my reis. Wanneer jy God loof en prys, word jou innerlike wese versterk. Doen dit sommer vandag nog.

Bron: Alles wat ek nodig het deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Markus ·

Dis jammer dat Meditasie met gebed verwar word…dit is iets heeltemal anders. Meditasie leer jou om die huidige werklikheid insluitende jou gedagtes in detail waar te neem en so die illusie van die ‘self’ waar te neem. Ons is gewoonlik verlore en uitgelewer aan ons eie gedagtes…en Meditasie is die beste tegniek om dit bloot te lê. Iets heel anders as ‘n verwarring met gebed.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.