Daar kom ’n tyd, en dit het reeds aangebreek, wanneer die egte aanbidders die Vader vanuit ’n hegte verhouding met die Gees en in waarheid sal aanbid, want die Vader verkies dat die mense Hom só aanbid. (Johannes 4:23)
Ek wil hê jy moet na My soek. In aanbidding en gebed, betree jy onmiddellik my teenwoordigheid. In ware aanbidding betree jy die geestesryk en verklaar jou geloof my soewereiniteit. Ek wil hê jy moet my nabyheid voel, maar wanneer dit nie gebeur nie, wil Ek hê jy moet steeds weet EK IS by jou. Ek wil hê jy moet ’n diep persoonlike ervaring van my teenwoordigheid, liefde en mag hê.
Te dikwels maak jy of jy My aanbid, maar jy probeer nie werklik om My te vind nie. Ek wil hê jy moet tyd in my teenwoordigheid deurbring terwyl jy aandagtig en stil luister om my stem uit my Woord te hoor. Opregte lofprysing sal uit ’n hart kom wat volkome oorgegee is en bereid is om my wil te aanvaar. Ek wil hê jy moet My vertrou en aanbid deur ’n melodie met jou hart te skep. Wanneer jy gevul is met my Gees, sal lofprysing vanself uit jou vloei.
As jou hart nie gevul is met lofprysing nie, nader tot My en laat My toe om beheer te neem oor alles waaroor jy jou bekommer. Laat gaan wat jou ook al in wanhoop laat versink en gryp vas aan die beloftes wat Ek aan jou gemaak het. Roep My aan, vra My om vir jou my heerlikheid te wys, en Ek sal.
Vader dankie v U versekering dat U by my is. Ek kan nie meer die situasie waarin ek is hanteer nie. My Vader ek gee alles vir U dit voel v my asof niks gebeur nie, Here ek weet op U tyd en nie myne nie. Ek as U kind vra asb net U kan die hart v n ander mens verander of Here gee my die krag om dit beter te kan hanteer want ek kom nie reg nie. Vader wees my asb genadig.
Amen
Amen!
Amen???