Gedagte vir die dag: Tyd vir aanbidding

gesprekke-met-God

Foto: Pixshark.com

Daar kom ’n tyd, en dit het reeds aangebreek, wanneer die egte aanbidders die Vader vanuit ’n hegte verhouding met die Gees en in waarheid sal aanbid, want die Vader verkies dat die mense Hom só aanbid. (Johannes 4:23)

Ek wil hê jy moet na My soek. In aanbidding en gebed, betree jy onmiddellik my  teenwoordigheid. In ware aanbidding betree jy die geestesryk en verklaar jou geloof my soewereiniteit. Ek wil hê jy moet my nabyheid voel, maar wanneer dit nie gebeur nie, wil Ek hê jy moet steeds weet EK IS by jou. Ek wil hê jy moet ’n diep persoonlike ervaring van my teenwoordigheid, liefde en mag hê.

Te dikwels maak jy of jy My aanbid, maar jy probeer nie werklik om My te vind nie. Ek wil hê jy moet tyd in my teenwoordigheid deurbring terwyl jy aandagtig en stil luister om my stem uit my Woord te hoor. Opregte lofprysing sal uit ’n hart kom wat volkome oorgegee is en bereid is om my wil te aanvaar. Ek wil hê jy moet My vertrou en aanbid deur ’n melodie met jou hart te skep. Wanneer jy gevul is met my Gees, sal lofprysing vanself uit jou vloei.

As jou hart nie gevul is met lofprysing nie, nader tot My en laat My toe om beheer te neem oor alles waaroor jy jou bekommer. Laat gaan wat jou ook al in wanhoop laat versink en gryp vas aan die beloftes wat Ek aan jou gemaak het. Roep My aan, vra My om vir jou my heerlikheid te wys, en Ek sal.

Bron:
God fluister jou naam deur Cherie Hill
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Roela ·

Vader dankie v U versekering dat U by my is. Ek kan nie meer die situasie waarin ek is hanteer nie. My Vader ek gee alles vir U dit voel v my asof niks gebeur nie, Here ek weet op U tyd en nie myne nie. Ek as U kind vra asb net U kan die hart v n ander mens verander of Here gee my die krag om dit beter te kan hanteer want ek kom nie reg nie. Vader wees my asb genadig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.