Gedagte vir die dag: Tydelike wins

hardloop_sonsopkoms_natuur_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: Pixabay.com

Kom ons hardloop met volharding op die baan wat voor ons uit gestrek lê, ons oë vasgenael op Jesus, die Voorganger en Voleinder van ons geloofswedloop. (Hebreërs 12:1-2)

Sien uit na die Dag van God en maak dat dit nog gouer kom, die dag waarop die Here die hemele aan die brand sal steek en die hemelliggame in vlamme sal wegsmelt. Maar ons sien uit na die nuwe hemele en ’n nuwe aarde, soos God belowe het. Dáár sal almal voor God reg lewe. (2 Petrus 3:12-13)

Ons moet altyd ons oë op Jesus gevestig hou. Moenie kyk waar jy nie moet kyk nie. Moenie toelaat dat twyfel in jou lewe inkom nie. Moenie jou ewige erfporsie vir ’n bakkie lensiesop verruil nie. Ons lees in Genesis 25:30 dat Esau honger was. Daarom het hy om bloot sy tydelike honger te stil sy erfporsie vir ’n bakkie sop verruil. Moenie dit doen nie. Moenie jou wonderlike toekoms weggooi vir iets wat slegs tydelik is nie.

Jy moenie twyfel aan God se beloftes nie. Ons lees immers in Numeri 23:19: “God is nie ’n mens dat Hy sal lieg nie.” Ons lewe in gevaarlike tye met onluste, plaasmoorde en korrupsie wat seëvier. Wanneer dit egter vir jou lyk of daar geen hoop meer is nie, is dit die tyd om jou oë op Jesus gevestig te hou. Dan sal jy besef hierdie lewe is net tydelik. Ons gaan een van die dae huis toe na Jesus toe.

Ek smeek jou vandag: Moenie jou kans op die ewige lewe verruil vir tydelike genot nie.

Bron: Alles wat ek nodig het deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.