Gedagte vir die dag: Tye om jou te suiwer

Boekevat-Wortelgat-Berg-ABrits.jpg

Foto: Annelize Brits

Die Here was ook met Josef. Hy het sy getrouheid aan Josef bewys deurdat die tronkbewaarder hom goedgesind was. (Genesis 39:21)

Die Here het toegelaat dat Josef onskuldig tronk toe gaan. Van buite kon dit dalk gelyk het of God Josef in die steek gelaat het. Dit kon gelyk het of Josef gehoorsaam was en God hom nogtans nie gehelp het nie. God het egter verder gesien as die huidige omstandighede. Wie sou kon raai dat Josef hierdie tyd saam met God nodig gehad het, ’n tyd van suiwering en beproewing? Josef sou eendag in beheer wees van die hele Egipte.

Wanneer moeilike tye aan God oorgegee word, word jy gelouter en gesuiwer. God gebruik hierdie tye om jou te vorm. Hierdie is die oomblikke wat van jou maak wie jy is. Die moeilike oomblikke het Josef gemaak.

Josef het God gehoorsaam en wou Hom eer, en die Here was in die tronk by hom. God het vir Josef guns gegee en hom geseën.

Bron:
Stil oomblikke met God – vir jong vroue deur Amanda Cowles
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Eish ·

Baie ware woorde, bitter beker om te drink.
Daarde is niks wat jou so stroop van die stank van trots nie. Daar is niks wat jou ons Skepper met vrees en bewing laat dien soos die uitgebeitelde voetspoorpaadjie bergop nie.

Z ·

Waar is vanoggend se Gedagte vir die dag? Ek sien uit om dit binnekort te lees.
Dankie dat julle die altyd-inspirerende boodskappe met sorg kies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.