[Luister] ‘Uit Diep van Donker Nagte’ herleef …

ATTACHMENT DETAILS Gestoor. Martin-Luther-Reformasie-500_2.jpg

Foto: pt.aleteia.org

[Promosie-artikel]

Op 31 Oktober 1517 het Martin Luther sy 95 stellinge teen die kerkdeur van Wittenberg vasgespyker. Dit was die begin van die kerkhervorming. En 31 Oktober 2017 is dit presies 500 jaar gelede. Wêreldwyd word Reformasie 500 vanjaar op verskillende wyses gevier.

Ina Opperman het reeds in 1995 hierdie gebeurtenis neergepen en sodoende omskryf in ʼn toneelstuk wat vir die eerste keer met groot sukses in 2001 opgevoer is tydens Aardklop.

Diegene wat hierdie multimedia-teater-in-die-rondte-produksie bygewoon het, sal onthou dat die gehoor op verrassende wyse midde-in hierdie dramatiese gebeure geplaas is en self deelnemers aan die produksie was. Die gehoor is teruggevoer honderde jare gelede en het so ʼn tikkie beleef van hoe die Reformasie die gewone gelowiges beïnvloed het.

Vanjaar word Uit Diep van Donker Nagte opgediep en ʼn blinknuwe baadjie aangetrek ter viering van Reformasie 500. “Ons wil oud en jonk besiel en meesleur deur hierdie kragtige wolk van getuienis wat die eeue oorspan; elke gelowige oproep om die heerlike verlossingswerk van Christus te besing!” sê die regisseuse, Ina Opperman.

Wat die produksie so besonders maak, is dat dit gemeenskapsteater is.  Daar is soveel mense met ongelooflike talent in die gemeenskap self, dat dit nie nodig was vir Ina om te ver te soek nie. Dit is ʼn reusetoneelgeselskap met net onder 100 mense. Wat dit nog meer besonders maak, is dat van die akteurs wat deelneem ook deel was van die produksie in 2001 – toe was hulle nog kinders!

Die opvoering vind plaas van 25 tot 28 Oktober te GK Centurion, Lyttleton.

Vir verdere navrae, besoek gerus die Facebook-blad of stuur ‘n e-pos aan [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.