Gedagte vir die dag: Uitkoms

man_eensaam_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Onthou, die versoekings wat oor julle pad kom, is nie uniek nie; ander ondervind dit ook. God is getrou. Hy sal keer dat die versoeking te sterk vir julle word. Midde-in  die versoeking sal Hy vir ’n uitweg sorg sodat julle dit kan verduur (1 Korintiërs 10:13)

Ek beleef dae wat eenvoudig uitrafel. Ek word gestroop van my vriendelike persoonlikheid en my kinders struikel oor die hope ineengekoekte woedende woorde aan my voete. Ek wil so graag hierdie soorte dae regmaak. Maar hoe tel ek al die steke wat ek laat val het op en hoe knoop ek al die los drade vas met waarheid en liefde? Dit is dan dat ek Paulus se bemoedigende woorde onthou: Wat ek nou ervaar, verskil geensins van wat ander mense deurmaak nie. God sal my nie swaarder beproef as wat ek kan verduur nie, en Hy sal altyd vir my uitkoms gee. God gee nie vir ons ’n skuiwergat, ’n maklike uitweg nie. Hy gee nie vir ons ’n kans om kop uit te trek nie. Hy wys vir ons ’n uitweg aan. Jesus het gesê: “Ek is die weg … ” (Joh. 14:6). Daarom soek ek nie na my eie uitkoms nie. Die pad na die waarheid oor hoe om hierdie lewe te leef en dit vir die Vader te leef, is reg langs my in hierdie gemors. Hy, Jesus, is die uitweg, weg van morsige ekke af.

Jesus, U is die helder verligte uitgangsteken, weg van my sonde en myself. Dankie! Amen

Bron: Reis lig deur die lewe deur Dalene Reyburn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johan ·

Dankie Here dat U in ons lewens is. Dankie vir al U genade en seëninge Here. Amen!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.